Create New Playlist

Add a cover pic of your own choice

(Optional)

Name

AI Cover Generator

4 credits

Not enough credits (0/4).

Logout

Are you sure you want to Logout?

Close

Dit is Dit 2 by zandri

SongGPT
Dit is Dit 2 by zandri - Afro-soul,female vocals music cover art

Dit is Dit 2

Afro-soul,female vocals

0:003:42
Lyrics
Description
[Verse 1]
My laaste woorde van hart tot joune —
Ja, ek was hard want ek was seer,
Gevang in liefde wat my leeg probeer leer.
Jy’t nooit gesien swaar ek dra —
Ek kleiner word terwyl jy jou maklik van my vra…
[Pre-Chorus]
Ek onthou aand in Worcester,
Klein dorpie liefde gevoel toe ons verdrink het in mekaar se oë,
Ek het gedink jy het my gevang...
Maar halfpad, halfin, halfweg my laat val.
[Chorus]
Dit is dit en dit is al.
Dit is dit en dit sal altyd al wees.
Jy was deel van my pad,
Maar nie my eindbestemming nie.
Ek kies vrede.
Ek kies liefde.
Ek kies—my.
[Verse 2]
Soms kom mense op jou pad vir ’n les, nie vir liefde se prys—
Jy was storm wat ek gedink het God gestuur het op sy tyd.
Daar kom ’n punt waar jy ophou veg
Vir iemand wat nie gered wil word nie.
’n Punt waar jy besef:
Ek maak myself klein, en dit hoort nie so nie.
[Pre-Chorus]
Jy kon nie my rou dra nie—
Nie my broer se dood, nie my swaar, nie my emosies.
Jou tydlike probleme was groter as ons wêreld,
En ek het gesien ek in agtergrond alleen staan en bid.
[Chorus]
Dit is dit en dit is al.
Dit is dit en dit sal altyd al wees.
Jy was deel van my pad,
Maar nie my eindbestemming nie.
Ek kies vrede.
Ek kies liefde.
Ek kies—my.
[Bridge]
Maar tog is ek trots, want ek het liefgehad
Sonder speletjies, sonder valsheid, sonder twyfel.
Eendag sal my stilte jou vang, en dan is dit telaat.
Ek sluit hierdie hoofstuk met waardigheid,
’n Kalm hart, ek los seer, ek los stryd,
Ek los hoop wat net ek gebou het oor tyd.
[Outro]
Selfs pyn bring wysheid in.
Dankie vir mooi, al was dit min…
Maar ek loop nou vorentoe, en dit is net begin.
Altyd in my hart sal jy bly...
Maar vir nou ....
Is dit, dit ....
En dit is al.
Dit is dit en dit is al.
Dit is dit en dit sal altyd al wees.